
LEPHALALE — Leadri Willis en Antony Hobwana van World Wide Scholarship (WWS) het Maandag ‘n oorhandiging gedoen aan Loutjie Steenekamp van Hoërskool Ellisras.
Loutjie gaan weer in Amerika hekkies hardloop en vlieg 15 Junie om in North Carolina deel te neem in die 110 m en 400 m hekkies.
Leadri het genoem dat daar universiteite in Amerika is wat daarin belangstel om vir Loutjie ‘n beurs aan te bied. Hoërskool Ellisras is besonder trots op Loutjie en hulle beste wense vergesel hom!