Nog ‘n oue val

Dié watertoring word afgebreek omdat dit nie meer gebruik word nie
Dié watertoring word afgebreek omdat dit nie meer gebruik word nie

Leoni Kruger
LEPHALALE — “Die watertoring in Walter Sisululaan word al vir die afgelope 20+ jaar nie gebruik nie en ons het ‘n goeie aanbod vanaf iemand gekry om dit te verwyder” sê Neels Gerber, bestuurder van Mogolklub.
By navraag is bevestig dat die toring die laaste keer in 1984 gebruik is om water aan die dorp te verskaf. Sedertdien het die dorp vars water gekry en is die toring in onbruik.
Gerber verseker bekommerde inwoners dat die verwydering van die toring geen verskil gaan maak aan enigiemand se waterverbruik of –verskaffing nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.