Nog ‘n renoster val

renoster

Leoni Kruger
STEENBOKPAN — ‘n Renosterkoei is Dinsdagnag 11 Oktober deur twee renosterstropers gekwes op die plaas Renosterpan, Steenbokpan, van Adriaan du Plessis. Die spoorsnyers en ander ondersoekspanne kon die dier nie vind nie.
Volgens AO Frans Mokoena, Lephalale Polisiewoordvoerder, het die spore daarop gedui dat die verdagtes opgelaai is by die Steenbokpan/Cumberland teerpad.
Die renoster is uiteindelik Donderdagoggend om 07:00 gevind, haar horing verwyder.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.