Nóg ʼn wen vir EHS

Inge Botes met haar wen-olifant en haar trotse onderwyser
Charlene van Staden

LEPHALALE — Inge Botes, ʼn graad 9-leerder aan die Hoërskool Ellisras, is as algehele wenner aangewys in die graad 8-12-groep by die ATKV-Kunstefees wat onlangs by Bela-Bela gehou is.

Haar penskets van ʼn olifant was een van haar vyf kunswerke wat sy ingeskryf het. Sy ontvang twee A+ sertifikate en een A++ sertifikaat.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.