
Leoni Kruger
LEPHALALE — ‘n Saak van strafbare mansslag is by Lephalale SAPD geopen nadat die bestuurder van ‘n wit Tata Indigo Saterdagaand 17 Junie omstreeks 20:30 waarskynlik beheer oor die voertuig verloor het op die R510 en die voertuig gerol het.
Johanco Pearson (21) is op die toneel dood verklaar deur paramedici.
Volgens die polisie wat op die toneel was, was Pearson op pad vanaf rigting Thabazimbi na Lephalale. Die ongeluk het ongeveer 11 km buite Lephalale gebeur.
Die ondersoek duur voort.