Nuus uit die buiteland

Tommy Muszynski, getoë in Lephalale, het einde Maart 2019 na Tsjeggië verhuis vir ʼn splinternuwe werksgeleentheid by die maatskappy Prusa Research waar hy op 12 April 2019 begin werk het.

Tommy het sy Mogolklub-atletiekklere aangetrek om deel te neem aan die Volkswagen Prague Marathon

Tommy was bekend in stap-kringe en hy het die laaste twee jaar veral hard begin oefen om aan vanjaar se Comrades deel te neem. Hy was ʼn bekende gesig by Mogol parkrun, kon ʼn pluimpie hard moker op die pluimbalbaan, het aan moordende maratons deelgeneem om te kwalifiseer vir die Comrades en hy het die laaste paar weke selfs netbal by Mogolklub gespeel.


 Alhoewel hy nie vanjaar die geleentheid sal hê om aan die Comrades deel te neem nie, het hy nie ophou hardloop nie. Hy het Saterdag 4 Mei aan die Volkswagen Prague Marathon van 42,2 km deelgeneem en dit steeds (in ysige temperatuur) binne ʼn Comrades-kwalifiserende tyd voltooi (04:36:31). En dít met sy Mogolklub-klere!


Volgens Tommy het hy sowat 14 Suid-Afrikaners by dié marathon raakgeloop. Die wêreld is klein!
 Tommy was vir sowat vyf jaar ʼn grafiese ontwerper by Mogol Pos.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.