Nuwe Helpende Hand-tak woeker

Die nuwe bestuur van Lephalale Helpende Hand is …
Die nuwe bestuur van Lephalale Helpende Hand is …

Leoni Kruger
LEPHALALE — Helpende Hand het nou ‘n volwaardige tak in Lephalale. Voorsitter Mariaan Pretorius het met Mogol Pos gesels oor die verlede en die hede.
Helpende Hand het reeds in die verlede ‘n tak in Lephalale gehad, maar volgens Marianthie van der Walt, streeksorganiseerder van Helpende Hand in Limpopo, het hulle egter later alle finansiële ondersteuning onttrek omdat hulle onseker was oor die doen en late van die tak. “Verskeie ongerymdhede het aan die lig gekom en die tak het in elk geval later ontbind” sê sy.
‘n Splinternuwe bestuur het egter nou die leisels oorgeneem en die lede is Mariaan Pretorius (voorsitter), Bettie

Roets (ondervoorsitter), Helen Kay (sekretaresse) en Yvette Opperman (tesourier).
Mariaan sê hulle was onlangs betrokke by die skooltassieprojek by Sedibeng Gekombineerde Skool in Onverwacht en hulle was ook betrokke by die boogskietbaan by Hoërskool Ellisras. Dis nou tyd om hulself aan die gemeenskap bekend te stel sodat hulle projekte kan ondersteun. Sy lê klem daarop dat die gemeenskap moet weet dat die nuwe tak baie streng is oor die administrasie van geld en skenkings en daar word deeglik boek gehou van alle projekte.
Skakel Mariaan by 084 207 6927 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.