Nuwe ingang ʼn aanwins

Die foto is geneem tydens die Kansa Pienkboomprojek

LEPHALALE — Lephalale Square spog met ʼn splinternuwe in- en uitgang in Nelson Mandelarylaan. Die stap is genoodsaak deur die verkeersopeenhoping in Wellsstraat.
Chris van der Westhuizen, bestuurder by Lephalale Square, sê dat die toegang vanaf Nelson Mandelarylaan ʼn merkbare verskil maak, veral vanaf Onverwacht se kant. Die uitgang in rigting Palm Park se kant is ook ʼn groot aanwins. Die bestuur nooi die gemeenskap om die Lephalale Square te besoek vir gehalte besighede en goeie diens.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.