Nuwe misdaadgier is hier

Onlangse voorvalle waar ʼn ongeïdentifiseerde wit poeier aan voertuie gesmeer is en die persoon betrokke bedwelm gelaat het, het Polisie en sekuriteitsgroepe laat bontstaan. Dit is duidelik – ʼn nuwe misdaadgier is hier.

Sakkie Louwrens van die Heritage Protection Group (HPG), ʼn privaat misdaadondersoekeenheid, het Donderdagmiddag 15 November self met die realiteit van dié nuwe misdaadtendens in aanraking gekom by ʼn winkelsentrum in Potgietersrus.

Louwrens sê ʼn dame het per ongeluk gevat aan ʼn “wit poeier” wat aan die kant van haar motor gesmeer was, omdat dit gelyk het soos ʼn skraap aan haar motor. Die poeier blyk toe een of ander tipe verdowingsmiddel te wees, want sy het minute daarna begin sleg voel en in haar benewelde toestand is sy beroof.

Volgens Louwrens word die “poeier” waarskynlik deur jou vel opgeneem. Sy is na dokter geneem vir behandeling.

Jacques Nell van Forensies het die foto geneem en dit na SAPS se laboratorium stuur.

Teen druktyd het Louwrens bevestig dat die bloeduitslae van bogenoemde dame nog nie bekend was nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.