Nuwe ryding vir DBV

V.l.n.r:  Sonika Oosthuizen, Cheryl Oosthuizen, Charleen Thom, Desiré en George Cloete
V.l.n.r: Sonika Oosthuizen, Cheryl Oosthuizen, Charleen Thom, Desiré en George Cloete

Leoni Kruger
LEPHALALE — Die Lephalale Dierebeskermingsverening (DBV) het Saterdag 11 Junie ‘n splinternuwe bussie as skenking ontvang. Die oorhandiging van dié welkome ryding wat as mobiele dierekliniek sal dien, het by die Mogolklub plaasgevind en die “Bikers Club” het die geleentheid ingewy.
Sonika Oosthuizen, inspekteur van Lephalale DBV het die bussie in ontvangs geneem vanaf Dave Thom. Sy sê die gemeenskap van Lephalale se ondersteuning en bydraes vir die DBV word van harte waardeer en die nuwe voertuig sal hulle taak baie makliker maak.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.