Nuwe tandarts verwelkom

LEPHALALE — Dr Charné Manten het pas haar gemeenskapsjaar as tandarts afgehandel en is vanaf 3 Januarie 2017 by die Easy Smile Medical Centre in Onverwacht.
Hierdie boorling van Pretoria het matrikuleer by Montana Hoërskool en haar BChD cum laude geslaag aan Tukkies. Sy is tans besig met verdere studies in Pediatriese tandheelkunde.
Charné sê dat sy baie daarna uitsien om die gemeenskap te leer ken asook na die uitdagings wat die nuwe omgewing en die privaatsektor bied.
Dr Stefan Pheiffer en Driekie is opgewonde om Charné as deel van hul span by die Easy Smile Medical Centre in Walter Sisulu-rylaan te verwelkom. Kontak hulle gerus by 014 763 2425.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.