Nuwe wiele vir DBV

Archie Kleynsmith, DBV-bestuurder en inspekteur-in-opleiding saam met Leanne Groenewald, tesourier by Lephalale DBV en Erika Tempel van DBV-bestuur

LEPHALALE — Lephalale DBV het Maandag 12 Desember hulle splinternuwe Toyota Hilux enkelkajuitbakkie by Tamboti Toyota in ontvangs geneem.
Erika Tempel, bestuurslid van Lephalale DBV, sê hulle is baie dankbaar want albei die huidige voertuie is gedaan.
“Na maande van harde werk kon ons uiteindelik hierdie commitment maak. Dankie aan Tamboti Toyota wat dit vir ons moontlik gemaak het en veral aan Marius en Walter vir hulle goeie diens. Nou gaan ons eers weer moet werk om die paaiement te betaal,” sê Erika.
Die DBV woeker met dit wat hulle tot hul beskikking het. Hulle planne vir volgende jaar sluit onder andere ʼn sensoriese tuin in om die honde te stimuleer in die speelarea terwyl die hokke skoongemaak word. Beide Archie Kleynsmith en Maria Pelatona gaan boonop volgende jaar die inspekteurskursus doen.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.