o. 14 rugbytoer

EHS se o. 14-rugbyspan wen 31-22

Hoërskool Ellisras se o. 14-rugbyseuns het na Outeniqua in George getoer waar hulle te staan gekom het teen die spanne van Langenhoven Gimnasium, Heidelberg Volkskool en Hoërskool Monument.

EHS wen Heidelberg Volkskool met 31-22 na ʼn vasbytwedstryd.

Die jong spelers het die toer geniet en baie geleer. Hulle voeg by dit was lekker om so baie ouers saam met hulle te hê so ver in die wêreld.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.