LEPHALALE — Die netbalspanne van Hoërskool Ellisras het Saterdag 25 Mei in Thabazimbi aan die netbal liga-uitspeelwedstryde deelgeneem en uitstekend gevaar.

Die o. 15A-span speel in die finaal teen die span van Hoërskool Frikkie Meyer en hulle wen die Frikkies 17-9. Dié oorwinning besorg aan hulle die titel van Ligawenners.
Hulle speel in Augustus vanjaar wedstryde teen spanne van ander Limpopodistrikte vir die titel van Limpopo-kampioene.
Die o. 14A- en o. 16A-span behaal derde plekke en hulle gaan uitspeel in die Limpopo-kampioenskappe. Die o. 14B-span behaal ʼn tweede en die o. 15B-span ʼn derde plek in die distrik. Die o. 16B-span behaal ʼn eerste plek maar net die A-spanne neem deel in die Limpopo-kampioenskappe.