O gat!

LEPHALALE — Die gat op die foto het verlede jaar op 7 Desember om 13:28 ingesak nadat daar, volgens ʼn besigheidseienaar in een van die besighede in Kotiestraat, ʼn rioolpyp gelek het.

Die besigheidseienaar sê werkers van die Lephalale Munisipaliteit het wel opgedaag en die gat toegespan met waarskuwingslint, maar dit is waar optrede gestop het. Dit is tans ʼn gevaar vir motoriste en voetgangers.

Volgens die besigheidseienaar het die munisipale werker gesê hulle is net verantwoordelik daarvoor om die rioolpyp te herstel, die Departement van Openbare Werke is verantwoordelik daarvoor om die gat te herstel.

Mogol Pos het teen druktyd geen reaksie vanaf die Munisipaliteit gekry nie en die Departement Openbare Werke se landlyn gaan dadelik oor na ʼn fakslyn. Die selnommer bestaan nie meer nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.