Onbeplande skoot eis Ken

Ken in sy jonger dae

LEPHALALE — Die 72-jarige Kenneth Albert (Ken) du Plessis is Sondag 1 September dood verklaar nadat ’n familielid, Dwane Booysen (34) per abuis ‘n skoot met ’n haelgeweer geskiet het.

Volgens adjudant-offisier Frans Mokoena, Lephalale Polisie Klusterwoordvoerder, was Booysen op pad na ’n instapkluis in Du Plessis se huis op die plaas Steenbokpan, toe die skoot afgaan en Du Plessis in sy regterbors tref.

Du Plessis is na Mediclinic Lephalale gehaas en dood verklaar.

’n Moordsaak is geopen by Lephalale SAPD.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.