Onoorwonne o. 15-krieket

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se o. 15-krieketspan is tot dusver vanjaar nog onoorwonne. Hulle het Saterdag tuis meegeding teen die span van Hoërskool Ben Viljoen en tweede geboul.

Dit was ’n naelbytstryd om die opponent se kolwers uit te kry, maar EHS wen laatmiddag ten einde laaste met 24 lopies.

Volgens hulle afrigters het elke jong man sy kant gebring en was die wen ’n spanpoging. Zander Laubscher laat kantel vier paaltjies.

Nou lê die semi-finaal vir hulle voor.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.