Ontmoet die tandtegnikus

LEPHALALE — Ricko Peenz is die splinternuwe tandtegnikus in Lephalale met meer as 30 jaar ondervinding in dié bedryf. Hy het ook ’n paar jaar in Engeland gewerk waar hy die nuutste tegnieke in die maak van kunsgebitte geleer het.

Peenz se laboratorium is geleë op dieselfde perseel as dié van dr Charne Manten by Doringlaagtesingel 20 in Onverwacht.

Peenz hoop om ’n goeie werksverhouding met die tandartse in die dorp te vestig.

Skakel Ricko Peenz by 078 991 1231 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.