Onwettige hondejag neem toe

TOM BURKE — Lede van die Heritage Protection Group (HPG), saam met Senyaka Nyaka Sekuriteit, was Sondagnag 15 Julie uitgeroep na ʼn plaas te Tom Burke waar ʼn jong swartwitpens en drie swartwitpenskalwers met honde gejag en doodgemaak is.

Daar is beslag gelê op vleis en karkasse

Die verdagte spore is gevolg en navrae is in die gebied gedoen waarna beslag gelê is op vleis, velle, karkasse en spiese. Twee verdagtes is Maandag 16 Julie te Rietfontein gearresteer.

Volgens oudkolonel Sakkie Louwrens van HPG is daar geweldig baie voorvalle van onwettige jag met honde – veral in die Tom Burke-area en veral rondom volmaan.

Hy versoek wildboere wat vir hulle werkers vleis gee om huis toe te vat, om ʼn bewys saam met die vleis te gee dat dit wel aan die werker gegee is. “Dit sal ons taak baie vergemaklik as ons verdagtes soek,” sê hy.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.