Pieter Stoltz en sy eggenote Mandie is bekend in Lephalale vir die heerlike pannekoek wat hulle gebak het.
Hulle bedank die Lephalale-gemeenskap vir hulle ondersteuning, veral Pick n Pay in die Lephalale Square wat hulle openhartig ontvang het. Uncle Pieter Pannekoek bak vir die laaste keer dié week Donderdag, Vrydag en Saterdag by Pick n Pay. Hulle wil vir oulaas die gemeenskap bederf met die lekkerste pannekoek nog.
Die egpaar verhuis na Middelburg.