Oppas vir gedokterde drankies

LEPHALALE — Moenie enige oop drankie van ‘n vreemdeling aanvaar nie” sê Thys Eloff, voorsitter van Lephalale GPF.
Eloff sê dat hy inligting ontvang het dat daar elke naweek sowat 20 gevalle aangemeld word van drankies wat gedokter is by kuierplekke in die dorp en mense wat in die hospitaal beland.
Die polisie is versoek om meer daadwerklike pogings aan te wend om die skuldiges vas te vat.
“Die meeste van die kuierplekke het sekuriteitskameras wat tydens ondersoeke gebruik kan word” het hy afgesluit.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.