Oud-Rassie ʼn ikoon vir ander

Oudleerder van Hoërskool Ellisras, Ronel Joubert (néé Oosthuizen), is verlede Vrydag gekroon as Ms Magnificent Women Icons (MWI) International Elite (Elite beteken 40+).

Sy het Suid-Afrika verteenwoordig as Ms MWI South Africa Elite.

Ronel is 53 jaar oud en sy sê sy was gemiddeld 12 tot 14 jaar ouer as die ander deelnemers van regoor die wêreld. “Ek het regtig hard voorberei en baie gemeenskapsdiens gedoen sodat ek ʼn goeie kans kon staan om te wen. Ons het van 18 tot 24 Feb in Mumbai in Indië deelgeneem en tuisgegaan by die Sahara Star Hotel in Mumbai.”

Ronel sê sy moet volgende jaar haar titel in Las Vegas in Amerika gaan oorgee aan die volgende titelhouer.

Ronel het wonderlike pryse gewen, onder andere ʼn kroon wat $6 500 werd is, goue en diamantjuweliersware, egte pêrels, ʼn silwer en diamantarmband, ringe, ontwerperskoene en ʼn pelsjas.

Sy bedank haar man, Wimpie, wat haar vergesel het. “Ek sou dit nie sonder hom kon doen nie,” sê sy.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.