Oudleerders vang graad!

LEPHALALE — Verskeie oudleerders van Hoërskool Ellisras het onlangs gegradueer en hulle word baie geluk gewens met die groot mylpaal.

Pieter Gouws, wat ook op die universiteit se studenteraad dien en tans verder studeer, het sy graad in Meganiese Ingenieurswese ontvang en so ook Lena Guy van Pittius (matriek 2012) en Carla Bonthuys (matriek 2009).

Leon Haasbroek (matriek 2013) ontvang ʼn Baccalaureus Commercii-graad in Regte. Nandri de Beer ontvang haar graad in Bedryfswiskunde en Informatika – Baccalaureus Scientiae in Kwantitatiewe Risikobestuur en is tans besig met haar honneursgraad in Bedryfswiskunde en Informatika. Ivan Vorster ontvang sy graad in Baccalaureus Arttium ET Scientiae Stads- en Streeksbeplanning. Corlè Gerber (néé Hendricks) ontvang ʼn Baccalaureus in Maatskaplike Werk met lof. Marnè Wolstenholme ontvang ‘n B Ed-graad in Onderwys en is tans besig met haar honneursgraad in Psigologie. Meliza Hendricks ontvang ook haar B Ed-graad en studeer tans verder.

Wynter Pretorius (matriek 2014) verwerf die graad Baccalaureus Commercii in Geoktrooieerde Rekenmeesterskap met onderskeiding en Sammy van Tonder (matriek 2014) ontvang die graad Baccalaureus Commercii in Bestuursrekenmeesterskap.

Christo du Plessis (matriek 2013) ontvang sy graad in BSc Inligtingstegnologie.

Sarel Haasbroek (matriek 2015) is vir die tweede agtereenvolgende jaar aangewys as die beste student in Meganiese Ingenieurwese.

Die hoof en personeel van Hoërskool Ellisras is baie trots op die oudleerders en wens hulle alles van die beste toe vir ʼn blink toekoms.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.