Padblokkades, patrollies – wees bedag

Leoni Kruger
ELMESTON/AFGUNS — Douw Pelser, voorsitter van die landelike veiligheidsforum (LVF) het Donderdag 18 Februarie tydens die LVF-vergadering gesê dat hulle verlede jaar ‘n baie suksesvolle padblokkade gehou het.
“Ons het die blokkade in samewerking met die polisie gehou en gesteelde sonpanele en koper teruggekry” sê hy.
Douw sê hulle het baie geleer uit die hele proses, onder meer dat koperdiewe altyd met meer as een voertuig ry. Hulle het ook die blokkades in twee skofte opgedeel – vanaf 08:00 – 12:00 en van 24:00 – 06:00. Die meeste sukses is behaal tydens die laaste skof.
“Tree voorkomend op” is sy raad aan die gemeenskap.
Die mense wat patrollie ry in die dorp word versoek om nie die Nood Simpleks-radiokanaal te gebruik nie, maar die dorp se noodkanaal.
In die geval waar enigiemand op ‘n verdagte insident afkom waar die polisie nog nie teenwoordig is nie, word daar aanbeveel dat jy jou selfoon se stemopnemer aanskakel. Dit sal voordelig wees wanneer daar dalk later ‘n saak gemaak word.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.