Pastoor Attie na 19 jaar steeds dáár

LEPHALALE — Pastoor Attie van Wyk en sy vrou, Gerda, het geen bekendstelling in Lephalale nodig nie. Die Van Wyks is reeds die afgelope 19 jaar in die bediening by die PPK Lighuis in Onverwacht, Lephalale.

Pastoor Attie en Gerda van Wyk bedien die gemeenskap van Lephalale al vir 19 jaar

Pastoor Jan Bezuidenhout, wat die afgelope bykans drie jaar assistant-pastoor was by die PPK Lighuis en sy vrou Natacha, het onlangs verhuis na Mosselbaai waar hulle ’n beroep aanvaar het. “Ek is danbaar vir die geleentheid wat ek gehad het om pastoor Jan vir bykans drie jaar onder my vlerk te kon neem en ek wens hulle alle sterkte toe met die nuwe uitdaging in Mosselbaai,” sê pastoor Attie.

Pastoor Attie sal van nou af, soos voorheen, die PPK Lighuis alleen bedien en hy sien uit daarna om die gemeenskap van Lephalale met die woord van God te bedien.

Die gemeenskap word hartlik uitgenooi na ’n baie spesiale dag, Sondag 14 Oktober, wanneer pastoor Chris en Bettie Marx van Pretoria met sang en musiek sal bedien by die PPK Lighuis om 10:00 en weer om 18:30.

Eredienstye is elke Sondag om 10:00 en om 18:30. Let asseblief daarop dat aanddienste steeds onveranderd voortgaan.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.