Pastoor ingewy

LEPHALALE — Pastoor Jan Bezuidenhout, voorheen assistent-pastoor by die PPK Lighuis in Onverwacht, is Saterdag 6 Oktober as volwaardige pastoor deur sy nuwe gemeentelede verwelkom by die PPK Emmanuel in Mosselbaai.

Pastoor Jan en Natacha Bezuidenhout tydens sy intreepreek en nagmaalbediening Sondag 7 Oktober

Hy het Sondagoggend sy intreepreek gelewer en terselfdertyd nagmaal bedien.

Verskeie mense van Lephalale het die geleentheid bygewoon.

Die gemeenskap van Lephalale wens hom alle sterkte toe met die nuwe uitdaging.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.