Pheiffers groet

LEPHALALE — Dr Stefan en Driekie Pfeiffer het besluit om, na baie jare, die Bosveld vaarwel te roep en Nieu-Seeland te gaan verken.

Van links na regs: Jenine Moore, Tillie Lombard, Driekie Pheiffer, Kaleb Pheiffer, Stefan Pheiffer, Migael Pheiffer, Karin Marx en dr Charne Manten

Dr Stefan het in 2008 dr Frans van der Mark se tandartspraktyk gekoop en in 2009 is hy en Driekie getroud. Hulle het twee seuns wat tans drie en vyf jaar oud is.

Driekie was deur die jare baie betrokke by die praktyk en getrou aan dr Stefan se sy. Albei rustige en vriendelike mense.

Dr Stefan gaan vanaf 9 April aansluit by die Garden City Dental-praktyk in Christchurch, Nieu-Seeland. Hulle sê dit is op hierdie stadium onseker of hulle vertrek op 3 April tydelik of permanent is. Dr Stefan gaan egter nog tot 20 Maart by die EasySmile-sentrum in Onverwacht praktiseer.

Goeie nuus is dat dr Charne Manten, wat reeds vir ʼn jaar by die praktyk werksaam is, dit gekoop het. Dr Stefan benadruk die feit dat die knap personeel wat al soos familie voel, onveranderd bly. Hy en Driekie het ook spesiale melding gemaak van Tillie Lombard, ʼn uiters bekwame stoelassistent wat al vir die afgelope 36 jaar dié werk doen waarvan nege jaar by dr Stefan se praktyk.

Hulle bedank die gemeenskap vir die goeie gesindheid teenoor hulle as gesin, maar ook die ondersteuning in die praktyk. Volgens dié egpaar was hulle gedurende die 10 jaar in die Bosveld baie geseënd en talle pasiënte het vriende geword. Hulle wens die hele Bosveldgemeenskap voorspoed en seën toe.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.