Poppekaspret

Grietjie, Pietie en Gielie

LEPHALALE — Laerskool Ellisras se kleuters het Vrydag 29 Januarie grootoog gesit en kyk na Pietie, Grietjie en Gielie, die poppe van die poppekas wat hulle ‘n paar lewenslesse geleer het, maar sommer ook baie tuis laat voel het in hul nuwe omgewing.
Dié drie poppe het die kinders vertel om vriendelik te wees met al die maatjies en om mededeelsaam en gehoorsaam te wees en nie bang te wees vir juffrou nie. Te oordeel aan die vasgenaelde ogies op die poppekas het dit beslis groot indruk op hulle gemaak.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.