Praters van die toekoms

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se jaarlikse ATKV-debat het onlangs op ’n hoë noot afgeskop en al vier debatspanne dring deur na die volgende ronde wat op 10 Mei by hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong (Naboomspruit) gehou word.

Janco Lötter en Tiaan Malan

Die juniors se onderwerp was: “Suikerbelasting is (nie) tot voordeel van die Suid-Afrikaanse gemeenskap (nie)”. Die span wat gewen het, bestaan uit Christi Kaiser, Branden Perrier en Christine Laubscher. Hulle opponente was Eloisa Barkhuizen, Marizaan Moore en Teresa Derksen.

Die seniors se onderwerp was: “ʼn Verswakte staat noodsaak (nie) die betrokkenheid van die burgerlike samelewing (nie)”. Die inleidende span, bestaande uit Leandri van Deventer en Nathalie Perrier, het gewen en hulle opponente was Janco Lötter en Tiaan Malan.

Die beoordelaars was Gene Strydom, Anita Louw en Marian Jordaan.

Volgens die beoordelaars is die oogmerk van die kompetisie die bevordering van gesproke Afrikaans by skoolgaande jeug en die ontwikkeling van leiers deur hulle voor te berei en te bemagtig vir openbare debatvoering wat daagliks in die samelewing plaasvind.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.