Prestasies beloon by Lourier

Barbara Emslie Dux-leerder en Rassie van die jaar
Barbara Emslie Dux-leerder en Rassie van die jaar

Fransa de Beer
LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se jaarlikse louriertoekenningsfunksies is Woensdag 19 Oktober (graad 8-10) en Donderdag 20 Oktober (graad 11-12) gehou en leerders is beloon vir besondere prestasies.
Loutjie Steenekamp en Senè Geldenhuys is as vanjaar se hoofleiers aangewys.
Die handhawingstrofee het gegaan aan Anke Erasmus, die kultuurpersoonlikheid is Tanya van Zyl, Duxleerder en Rassie van die Jaar is Barbara Emslie, Sportseun en -dogter van die Jaar gaan aan Marushka en Dario Geyser.
Die komiteevoorsitters vir 2017 is: Akademie: Phillip van Wyk, Bemarking: Cherantè Snyman, Dissipline: Lerato Ditsela, Sport: Neil Steyn, Kultuur: Lawrence Nong en Sosiaal: Renè Visser.
Die koshuishoofseun is Paul Roux en -hoofdogter is Hesmarie Badenhorst.
75 graad 8-leerders ontvang toekennings:
Dian Besseling ontvang die trofee vir best English public speaker, Gerhard Roets is junior seunswemmer en Marushka Geyser is junior dogterswemmer. Janco Lötter ontvang die trofee vir beste veldwerker en die leerder in graag 8 met die meeste toekennings is JP van Staden. Hy ontvang ook ‘n trofee vir die hoogste gemiddeld in graad 8, naamlik 91%.
In graad 9 ontvang 91 leerders toekennings, waaronder:
Nathalie Perrier ontvang die trofee vir beste Afrikaans junior redenaar onvoorbereid en Leandri van Deventer vir beste Afrikaans junior redenaar voorbereid. Conrad Prinsloo ontvang drie trofeë: beste junior kolwer, beste junior krieketspeler, veelsydigste krieketspeler en beste junior bouler. Joey Vorster ontvang ‘n trofee vir die hoogste gemiddeld in gr 9, naamlik 92.4%.
In graad 10 ontvang 90 leerders toekennings, waaronder:
Luzelle Buthane ontvang die trofee vir Sportsfield First Aid Member of the Year, Wilmari Louw is gemeenskapsdiens Noodhelper van die Jaar, Wynand van Staden is gemeenskapsdiens Noodhelper van die Jaar. Ntiri Marakalala kry ‘n trofee vir Sportsfield First Aid Member of the Year. Adriaan Venter is die beste senior bouler. AJ Beukes kry twee rugbytrofeë: Voorspeler van die Jaar en Rugbyspeler van die Jaar. Gerrie Blom kry ‘n trofee vir beste Agterspeler van die Jaar. S J van Vueren kry ‘n trofee vir beste vordering in rugby en Hannes Pretorius is die beste rugby Agterspeler van die Jaar. Carli Liversage kry ‘n trofee vir die hoogste prestasie in rekeningkunde en die hoogste gemiddeld in gr 10 met 84.6%. Henja Glas kry die meeste toekennings in graad 10.
In graad 11 is 53 leerders beloon, waaronder:
Mphulo Mpoko kry ‘n trofee vir First Aid Member of the Year. Lota Netshitudzi kry ‘n trofee vir die hoogste persentasie in wiskunde geletterdheid, naamlik 80%. Amaaraah Pandie kry ‘n trofee vir die beste dogter boogskut. Marinus Kruger kry ‘n trofee vir die beste prestasie in IGO, naamlik 94%. Lerato DItsela kry ‘n trofee vir die beste senior redenaar Afrikaans addisionele taal. Senè Geldenhuys kry ‘n trofee vir senior Dogterswemmer van die Jaar en Dario Geyser vir senior Seunswemmer van die Jaar. Philip van Wyk kry die trofee vir die beste prestasie in IT. Cherantè Snyman ontvang so baie trofeë dat haar ouers na vore geroep is te help vashou. Sy word beloon vir die beste prestasie in Wiskunde 93%, Fisiese Wetenskap 92%, Rekeningkunde 85% en vir die hoogste gemiddeld in gr 11, naamlik 87.7%.
In graad 12 ontvang 73 leerders toekennings, waaronder:
Arthur Freitas ontvang ‘n trofee vir die beste leerder in Wiskunde Geletterdheid 73%, Lerato Mokgerepi ontvang die trofee vir die beste prestasie in Geskiedenis 89% en Sepedi 88%. Lehlogonolo Molekwa kry ‘n trofee vir die beste leerder in RTT 85% en Kelvy Rabodiba is die beste netbalspeler van die jaar. Manhlane Chepape kry ‘n trofee vir die beste prestasie in English Home Language 79% en Len Jordaan vir die beste prestasie in Toerisme 80%.
JD Nel kry ‘n trofee vir beste Administrasie Hartklop. Rentia Fouchè kry ‘n trofee vir die beste prestasie in Verbruikersstudie. Precious Mokgohloa kry ‘n trofee vir die beste presteerder in Afrikaans addisionele taal 73% en Besigheidstudies 83%. Dimakatso Selolo kry ‘n trofee vir die beste prestasie in English Home Language. Jaydon Jacobs kry ‘n trofee vir die beste prestasie in Elektriese Tegnologie: 79%. Cameron Morgan kry ‘n trofee vir beste senior kolwer en beste senior krieketspeler vir 2016. Clifford Els kry twee trofeë: kaptein van die eerste span en veelsydigste speler van die eerste span. Ernesto Hattingh kry ‘n trofee vir beste veldwerker. Abbigail Badenhorst is die senior Hokkiespeler van die Jaar. Karli van Blommestein kry ‘n trofee vir die beste prestasie in Geografie 89% en Tanya van Zyl is die beste leerder in Visuele Kuns 97%. Tanya ontvang ook trofeë vir beste debatspaar en beste Afrikaans senior redenaar voorbereid. Cara van Heerden ontvang vyf trofeë: beste prestasie in Fisiese Wetenskap 94%, IGO 94%, Wiskunde 93%, trofee vir beste prestasie in gesamentlik Wiskunde, Fisiese Wetenskap en Lewenswetenskap en ook ‘n trofee vir Rekeningkunde 90%.
Barbara Emslie het 30 toekennings ontvang. Sy ontvang 10 trofeë vir: hoogste gemiddeld in Nasionale Senior Sertifikaat graad 12: 88.9%, beste in Afrikaans Huistaal: 91%, beste in Lewenswetenskap: 89%, beste in IT: 89%, beste tweetalige leerder: 91%, beste in English First Addisional Language 91% en trofee vir die meeste onderskeidings in gr 12 naamlik nege onderskeidings. Sy kry ook ‘n trofee vir beste debatspaar, beste senior redenaar Afrikaans onvoorbereid en Best Senior Public Speaker of the Year.
Die o. 14- en o. 16-rugbyspan ontvang erepennings omdat hulle die Beeldtrofee verower het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.