Pretdag vir dogters

LEPHALALE — Die VLU Skemertak bied vanjaar weer ‘n pretdag vir dogters aan op Saterdag 8 April vanaf 08:00 by die NG Albertyn Kerksaal.
Dogters tussen graad 5 en 7 word genooi om die dag saam met die VLU Skemertak se interessante lede te gaan geniet.
‘n Interessante program met praktiese en kreatiewe sessies en ‘n verrassings-avontuurbaan word beplan. Die maak van harsjuwele, papiermaché֖, die versier van kolwyntjies en ‘n velsorgpraatjie is maar net enkele van die aktiwiteite wat aangebied gaan word.
Neem dus jouself, ‘n groot glimlag en flink hande saam vir ‘n heerlike oggend vol pret. Let asseblief daarop dat hierdie ‘n geleentheid vir dogters is, maar hulle ma’s word uitgenooi om saam met hulle tee te drink na afloop van die program.
Skakel Tharina Rossel by 082 785 4828 of Elana Greyling by 082 863 8696 vir meer besonderhede.
Die sluitingsdatum vir aansoeke is Dinsdag 4 April en die kostes is R20 per dogter.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.