Prioritiseer by brande

Leoni Kruger
LEPHALALE — Die laaste voorbrande moet teen einde Junie afgehandel wees sê Nic du Toit nood risikobestuurder by Medupi. Indien jy enige voorbrande na hierdie datum wil maak moet daar aansoek gedoen word by die Brandbestrydingsvereniging (BBV) by fpa.lep@gmail.com.
Du Toit sê die grootste brandgevaar vir die Lephalale area is Julie/Augustus.
Du Toit het ‘n paar wenke gegee tydens die vergadering van die Lephalale Gemeenskapveiligheidsforum (LGVF) Donderdag 15 Junie.
• Kyk van watter kant af die brand kom en maak ‘n brandlyn.
Du Toit sê dit gebeur maklik dat daar twee groepe in die veld is – die een groep is reeds in die veld besig om die brand onder beheer te probeer kry wanneer die ander groep daar aankom en ‘n voorbrand maak. Dit kan dan gebeur dat van die mense tussen die twee vure beland en nie kan uitkom nie. Dit is daarom van kritiese belang dat iemand beheer moet neem van die situasie.
Daar moet iemand op die toneel wees wat opdragte uitdeel en die situasie monitor.
Du Toit sê die Bosveld kry bosbrande, nie veldbrande nie, daarom is dit belangrik om ‘n “blaser” beskikbaar te hê.
Sny die gras weerskante van ‘n heining kort af sodat dit nie maklik kan brand nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.