Q4 Fuel Lephalale wen!

Die span van Q4 Fuel in Lephalale is Dinsdagaand 24 November as wenners van die Fueling the Christmas Spirit- veldtog aangewys.  

Dit beteken ’n lekker meevaller van R10 000 in hulle sakke!

Christine Kruger van Q4 Fuel Lephalale bedank almal wat deel gehad het aan die beplanning en uitvoering en ’n spesiale dankie aan almal wat vir hulle gestem het!

“Baie baie dankie ook aan Dawie en Polla Vos vir die verfilming van die wenvideo,” sê sy.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.