Quad Fun – vet pret!

Pret tydens verlede jaar se Steenbokpan Quad Fun …
Pret tydens verlede jaar se Steenbokpan Quad Fun …

STEENBOKPAN — Daar wag weer vet pret tydens die Steenbokpan Quad Fun wat op 17 September plaasvind. Mogol Motors bied dit hierdie jaar vir die 11de keer aan ten bate van die NG Kerk Limpopo.
‘n Nuwe roete is uitgelê en die begin- en eindpunt is by die immergewilde waterpan. Die roete strek oor kilometers bosveldnatuurskoon en beloof om soos altyd ‘n familiedag vol pret en plesier te wees.
Inskrywings is vanaf 07:00 en die wegspring amptelik om 09:00.
Deelnemers moet asseblief daarop let dat die byeenkoms by die ‘pan’ om 16:00 sluit. Toegang by die hek is R50 per persoon (deelnemend of toeskouer) en R100 per motorfiets (tweewiel of vierwiel) en vrywaringsvorms moet geteken word.
Skakel Polla vir kampplek by 082 327 2418, ds. Chris Nel vir akkommodasie by 082 576 2994 en Hennie Vermaak van Mogol Motors vir enige verdere navrae by 082 300 5418.
Kry jou twee- of vierwiel gereed en gaan deel in die pret – alles vir ‘n goeie saak.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.