R1 000 fine for littering

LEPHALALE — Pastoor Attie en Gerda van Wyk, leraarspaar van die PPK Lighuisgemeente in Lephalale, was Woensdag 22 Mei ʼn volle 48 jaar getroud.

Pastoor Attie en Gerda van Wyk is 48 jaar lank vir mekaar gespaar

Dis ʼn leeftyd saam en Mogol Pos het gaan hoor wat hulle resep is om 48 jaar gelukkig getroud te wees.

“Die predikant wat ons getrou het, het vir ons gesê daar is een groot geheim – jy mag nie die kamerlig afskakel as jy kwaad is nie en ons het daardie dag die belofte gemaak om daarby te hou,” verduidelik pastoor Attie.

Hy vertel dat die lig soms tot in die vroeë oggendure gebrand het en dit is nooit afgeskakel voor hulle vrede gemaak het nie. En die opmaak is natuurlik die lekkerste ….

“Die Here het ons geseën met twee pragtige dogters en ek is uit my hart uit dankbaar vir die wonderlike vrou, ma en pastoriemoeder wat Gerda is,” sê pastoor.

As hy aan Gerda dink, dan dink hy aan Spreuke 15:1: “ʼn Sagte antwoord weer die grimmigheid af …”.

“Sy praat nooit hard nie en sy maak my kalm – ek dank die Here vir so ʼn vrou wat altyd ʼn sagte antwoord het.”

En sou hy iets anders doen as hy iets van die afgelope 48 jaar kon verander? “Ek sou niks wou verander nie, elke dag saam met Gerda is ʼn seën,” sluit pastoor Attie af.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.