R10 000 geroof en gevang

LEPHALALE — Twee mans, Aubrey Putuka (37) en Oupa Mathibela (43), is deur Lephalale SAPS gearresteer nadat hulle verlede week mense van R10 000 beroof het by ‘n OTM by Marula Mile inkopiesentrum.
Volgens adjudant-offisier Frans Mokoena, Lephalale polisiewoordvoerder, het die mans R5 000 se drank gekoop en die ander R5 000 in ‘n bankrekening inbetaal.
Hulle is deur middel van sekuriteitskameras opgespoor en is Woensdag 26 Julie gearresteer.
Die mans het reeds verlede week in die Landdroshof in Lephalale verskyn vir ‘n borgaansoek wat toegestaan is. Die saak is uitgestel tot 18 Augustus wanneer hulle weer in die hof moet verskyn.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.