R10 000 vir KANSA

Hendrik van Zyl, voorsitter van Mogol Skietklub, Susan Rothmann Lyons van KANSA en Francois Badenhorst, hooforganiseerder met die tjek van R10 000 wat vir KANSA ingesamel is
Hendrik van Zyl, voorsitter van Mogol Skietklub, Susan Rothmann Lyons van KANSA en Francois Badenhorst, hooforganiseerder met die tjek van R10 000 wat vir KANSA ingesamel is

Leoni Kruger
LEPHALALE — Mogol Skietklub het 7 Mei vanjaar ‘n Ghong-skiet te Appelvlakte skietbaan aangebied. Alle fondse wat tydens dié dag ingesamel is, was ten bate van KANSA Lephalale.
Volgens Francois Badenhorst, die hooforganiseerder van die dag, is die teikens vanaf 150 m tot 325 m (vyf verskillende afstande) opgesit. 26 Skuts het aan die dag deelgeneem.
Francois sê elke skut moes ‘n dobbelsteen gooi om te bepaal in watter volgorde die ghongs geskiet gaan word. Daar was elf verskillende kombinasies en daar was teen tyd geskiet – as die eerste skoot klap begin die stophorlosie die sekondes aftik. Elke skut het vyf skote gehad.
Die wenner was bepaal na aanleiding van wie die vyf ghongs in die kortste tyd in die regte volgorde kon raakskiet. 72 aflosse is geskiet, daar is 360 skote vir die dag geskiet en die gemiddelde bedrag wat deur elke skut spandeer is, is R138.50.
Volgens Franscois was hulle effens terleurgesteld met die opkoms, maar die dag het goed afgeloop met vyf skuts wat voltalle geskiet het.
Die skuts wat die eerste vyf plekke behaal het is Frieda Kruger (5de) 1 minuut 40 sekondes; MC van Deventer (4de) 1 minuut 40 sekondes; Hendrik van Zyl (3de) 1 minuut 20 sekondes; Francois Badenhorst (2de) 48 sekondes en Ruan Smal in die eerste plek met ‘n skitterende 35 sekondes.
‘n Tjek van R10 000 is Donderdag 2 Junie deur Hendrik van Zyl, voorsitter van Mogol Skietklub, oorhandig aan Susan Rothmann Lyons, KANSA se gemeenskapmobiliseerder in Lepalale.
Van Zyl, Badenhorst en Rothmann Lyons bedank elkeen wat iets bygedra het tot die dag – “almal wat ingeskryf het, die borge (maatskappye en individue) en wie ook al op watter manier betrokke was by die dag, baie dankie!”

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.