Rapporteer wildsake

Leoni Kruger
LEPHALALE — Rapporteer wilddiefstal en verwante sake by die polisie en maak seker jy kry ‘n saaknommer wat begin met CAS of MAS. ‘n Voorvalleboekinskrywing (VB) is nie voldoende nie.
Dié belangrike punt is verlede Dinsdag by die Lephalale gemeenskapsveiligheidsforum (LGVF) se vergadering bespreek.
Marius Fuls, hoof van Ferroland Limpopo, het vir die polisie gevra wat mens moet doen wanneer ‘n dier op ‘n openbare pad doodgery word. “Wie het die mandaat om dit te verwyder, want die oomblik as jy die dier oplaai, is jy in besit van onwettige wild en dan kan jy aangekla word” het hy gevra.
Die polisie het gereageer en gesê ongeag of die dier dood of gekwes is, dit moet net daar gelos word, die polisie moet geskakel word en hulle kan uitgaan na die toneel of dit word in die voorvalleboek opgeskryf en dan kan jy die dier verwyder.
Om jouself te beskerm, meld dit aan.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.