

LEPHALALE — Laerskool Ellisras se krieketspelers het nie die laaste deel van die wintervakansie laat geslaap nie, hulle het ʼn kriekettoer bygewoon.
Die eerste en o. 11-krieketspan was van 4-7 Julie by Jubaweni net buite Modimolle om krieket te speel en hulle sê dit was ʼn goeie leerskool.