LEPHALALE — Die personeel van Laerskool Ellisras sê hulle is baie trots op die groot groep leerders wat aan vanjaar se redenaarskompetisie deelgeneem het. “Julle het almal goed gedoen”.

Twaalf leerders is uit die groot groep gekies om deel te neem aan die tweede ronde van die ATKV-redenaarskompetisie.
Hierdie 12 leerders word baie sterkte toegewens. Die personeel wat die redenaars ondersteun het en leiding gegee het word ook van harte bedank.