Rassies praat puik

LEPHALALE — Twaalf leerders van Laerskool Ellisras het Vrydag 5 Mei aan die eerste ronde van die ATKV-Redenaars in Mookgophong (Naboomspruit) deelgeneem.
Vier van dié puik sprekers is gekies om aan die tweede ronde deel te neem. Anita Erasmus wat hoofsaaklik die afrigting waarneem, sê dit is werklik ‘n prestasie om vier uit 12 sprekers na die volgende ronde te kan stuur. Laerskool Ellisras is trots op elke spreker wat deelgeneem het en wens hulle almal baie geluk.
Die vier leerders wat deurgedring het is Christi Kaiser (gr 7), Johan Koen (gr 6), Lihann Wolfaardt (gr 5) en Elanza Oosthuizen (gr 4).
Anita sê dat die sprekers ‘n puik standaard handhaaf.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.