
LEPHALALE — Laerskool Ellisras se Kultuurkomitee het Donderdag 23 Maart ‘n modeparade aangebied om fondse in te samel.
Volgens Anita Erasmus was dit die eerste keer wat so ‘n geleentheid by die skool aangebied word en die modelle het almal verras!
Leerders van graad R tot 7 moes volgens ‘n bepaalde letter optooi en Anton du Plessis, skoolhoof en elf onderwysers is ook genooi. Wenners en ‘n tweede en derde plek is in elke graadgroep aangewys en die beoordelaars se beslissing was finaal.
Dit was ‘n heerlike lag- en vermaaklikheidsaand en groot en klein het dit baie geniet.
Die organiseerders wens die deelnemers baie geluk met hulle verstommende kreatiwiteit.