Rassies redeneer

LEPHALALE — Laerskool Ellisras se junior redenaars het op Dinsdag 30 Januarie die geleentheid gekry om te wys hoe goed hulle hul woord kan doen. 19 leerders van graad 1 – 3 het hul sê gesê. Met onderwerpe soos “blink”, “reënboog” en “gogga” het hulle met verrassende selfvertroue hul saak gestel.
24 seniors (graad 4 – 7) het Donderdag 31 Januarie aan die beurt gekom met onderwerpe “klei”, “note” en “blou”.
Volgens Anita Erasmus van Laerskool Ellisras, wat elke jaar aan die hoof staan van die redenaarskompetisie, sê die kompetisie was baie sterk en hulle het waardering vir elke deelnemer se poging.
Die leerders wat deurgedring het na die eerste rondte van die ATKV-redenaarskompetisie te Mookgophong is Ané Denysschen, Franco Wolfaardt, Luhan Drotskie, Maré Pieterse, FD Drotskie, Lian Wolfaardt, Elanza Oosthuizen, Christi Kaiser, Calista Mackenzie, Mieke Wilhelm en Johan Koen.
Die skool wens hulle geluk en sterkte toe.
(Emille Gouws is afwesig)

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.