
LEPHALALE — Laerskool Ellisras het op 2 Augustus hul jaarlikse “English Evening” aangebied en was verras toe 59 leerders van die skool hul opwagting maak. Tydens dié geleentheid kry leerders die kans om oor ‘n tema/onderwerp van hul eie keuse ‘n voorbereide toespraak in Engels te lewer.
Volgens Anita Erasmus, onderwyseres en kultuurorganiseerder, was dit ‘n suksesvolle aand met uitstekende toesprake. Sy sê voorts dat dit ‘n plesier was om te sien en te hoor hoe die jeug oor alle kulture heen die taal Engels met gemak en selfvertroue praat. Sy wens elke spreker geluk en herinner elkeen aan die Kunstefees wat hierdie jaar op 6 en 7 September plaasvind wanneer hulle weer die geleentheid gaan kry om hul praattalent ten toon te stel.