Reën laat boere juig — opvolgreën nou nodig

MP, PT, Nania, Charlene en Hildegardt van Staden van die plaas Wellington huppel van vreugde na die reën

LEPHALALE — Die reën wat die afgelope tyd mildelik geval het, het boere in die Bosveld laat juig. Dit het groot verligting gebring, maar die droogtegreep in Limpopo is nog nie verby nie.

In Lephalale het ongeveer 60 mm reën geval vanaf Kersdag 2018 tot 2 Januarie 2019.

In sommige landelike gebiede rondom Lephalale het daar egter slegs 11 mm of minder reën geval.

Mogol Pos kon die volgende gebiede se reënval vir die afgelope paar weke bekom:
Elmeston – tussen 100 mm en 120 mm, Afguns – tussen 60 mm en 120 mm, Steenbokpan tussen 40 mm en 130 mm, Bulgerivier – tussen 85 mm en 110 mm, Ants Hill – tussen 80 mm en 150 mm, Beska – 65 mm.
In die Tambotie/Overyssel-area het dit tussen 35 mm en 120 mm gereën en in die Baltimore-omgewing tussen 70 mm en 128 mm.
In die omgewing van die Uitspanpad het daar tussen 177 mm en 200 mm reën op ván die plase geval, terwyl daar in dieselfde omgewing plase is waar daar tussen 40 mm en 60 mm reën geval het.
In die area tussen Stockpoort en Groblersbrug het daar vanaf 21 Desember 122 mm reën geval.
Modimolle het teen druktyd rondom 130 mm en Vaalwater rondom 150 mm reën gehad.

Douw Pelser, voorsitter van onder andere Agri Lephalale en die Landelike Veiligheidsforum, sê dit reën nie gras nie en indien daar nie binne die volgende week of twee opvolgreën val nie, gaan die droogte voortduur.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.