Reën val ruim

LIMPOPO — Die goeie reëns wat die afgelope week in Limpopo (en ander dele van die land) geval het, is te danke aan die sikloon Eloise.

Alhoewel sommige dele in Limpopo geweldige hoeveelhede reën gehad het wat onder meer vloedskade tot gevolg gehad het, is die inwoners en grondeienaars van Lephalale en omliggende gebiede baie dankbaar.

Mogol Pos het die volgende reënvalstatistieke Maandag ontvang. Dit was die reënval vir Saterdag en Sondag (23 en 24 Januarie 2021). Die prentjie kan teen druktyd egter heel anders lyk.

Nzelele: 40 mm – 100 mm, Maasstroom: 20 mm, Springbokvlakte: 50 mm, Lephalale: 80 mm – 100 mm, Alldays: 50 mm – 80 mm, Weipe: 60 mm – 90 mm, Watervalsrivier: 100 mm, Hoedspruit: 50 mm – 120 mm, Loskop-area: 30 mm, Tzaneen: 70 mm – 110 mm, Magoebaskloof-area: 110 mm – 300 mm, Ofcolaco: 85 mm

Volgens Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle/Mookgophong munisipaliteit het hulle teen Maandag 71 mm net buite Vaalwater gemeet. 147 mm het in minder as 24 uur by die Donkerpoortdam se opvangsgebied geval.

Sy verskaf ook die volgende statistieke:
80 mm in beide Modimolle dorp en Mookgophong dorp. Doornfontein: 80 mm,

Boschoek: 70 mm, Witklip: 85 mm, Kranskop: 95 mm, Koro Creek: 94 mm, Roedtan dorp: 32 mm en 132 mm in die Welgevondendam (Frikkie Geyserdam) opvangsgebied.

Menige ander plase het 100 mm of meer reën gerapporteer.

Teen Maandag was die Mokolodam steeds slegs ’n skamele 39,58% vol.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.