Rekordram

Corné, Rickus, Anton, Xander en Ian Brown by die rekordram

POLOKWANE — Die Innibos Kalahari Red-veiling is op 23 September deur Andre Kock en Seun by Barry Strydom veilingskrale te Polokwane aangebied.  
Die afslaer was Corné du Plessis en die bemarker Ian Brown.
Volgens Du Plessis het topkwaliteitdiere bygedra tot ’n uiters suksesvolle eerste Innibos Kalahari Red-veiling.
Die duurste ooi is vir R36 000 verkoop aan Peter en Dee Kirby van Botswana. Die gemiddelde prys vir stoetooie was R14 765 en R8 659 vir kommersiële ooie.
Die gemiddelde prys vir stoetramme was R35 615 en R28 600 vir kommersiële ramme.
Die duurste ram is vir ’n Suid-Afrikaanse rekordbedrag van R132 000 verkoop.
Die verkoper was Anton Bothma en die koper Xander Deyzel van die Kleinbegin Kalahari Red-stoet in Polokwane.
’n Woord van dank aan elkeen wat bygedra het tot die sukses van die dag.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.