Rekords het gespat!

Hoërskool Ellisras se interhuis atletiek was ʼn reusesukses wat sonder toeskouers gehou is op 24 Februarie.

Rekords het gespat en ander is geëwenaar.
Nachelle Beetge, d o. 19, ewenaar die 200 m in 26:69 s. T. Minnaar het hierdie rekord in 1992 opgestel. Nachelle breek die 400 m hekkies van Nadia Swanepoel (2004), met die tyd van 1,13:40 s en haar tyd is 1,09:90 s.

Tshepang Dankuru, b u. 16, broke the high jump record of H. Louw (1992) – 1.85 m, with a height of 1.90 m. What an achievement! A record of 29 years!

Mushi Kamogelo, b u. 17, broke the 3 000 m record of Gerrit Peens (2012) – 11,06:20 s, with a time of 10,50:20 s.

Reon Naude, s o. 15, verbeter die spiesgooirekord van Ryno Vorster (2005) – 49.88 m, met ʼn afstand van 51.27 m.

Danie Strooh, s o. 17, breek die diskusrekord van Heinru Kleynhans (2005), met die afstand van 46.91 m, met ʼn gooi van 55.03 m.

Lourens Erasmus, s o. 15, verbeter ook Heinru Kleynhans se diskusrekord (2003) – 46.53 m, met ʼn afstand van 48.53 m.

Christie Kaiser, d o. 17, ewenaar die 100 m rekord van Sigrid Jahn (2004), met ʼn tyd van 12:80 s.
Tydens die prysuitdelings is verskeie atlete vereer:

Tshepang Dankuru, s u. 16, wen die beste hoogspringprestasie met 820 ASA-punte, beste hekkiesbeker gaan aan Nachelle Beetge, d o. 19, met 400 m hekkies, beste 1 500 m is Kamogelo Mushi, b u. 15, beste 400 m word gewen deur Christie Kaiser, d o. 17, wat 788 ASA-punte werd is, beste prestasie in veldnommers gaan aan Danie Strooh, s o. 17, diskus met 917 ASA-punte, beste presteerder in spiesgooi is Reon Naude, s o. 15, beste atleet in ‘n individuele item is Danie Strooh, s o. 17, met 917 ASA-punte, beste prestasie vir gewigstoot is Emelia Higgo, d o. 15, gewigstoot met 798 ASA-punte, beste prestasie in skyfwerp is ook Danie Strooh met sy diskusgooi wat 917 ASA-punte werd is, beste individuele prestasie in naellope is Christie Kaiser, d o. 17, 400 m met 788 ASA-punte, beste prestasie dogters middelafstande word gewen deur Mianke Kukard, d o. 16, 800 m, beste prestasie middelafstande seuns is Kamogelo Mushi, b u. 15, 1 500 m.

Die Junior Victrix Ludorum is Elanè Erasmus, Junior Victor Ludorum Lourens Erasmus, Senior Victrix Ludorum Christie Keyser en Senior Victor Ludorum is Danie Strooh. Beste seunspan is Matommas en Dogters Machaukas. Die wenspan van die dag is die Matommas.

42 atlete se puntetellings is oor 700 ASA-punte! Die beste ASA-telling is 917 deur Danie Strooh s o. 17 diskus, tweede is Lourens Erasmus s o. 15 diskus, met 822 ASA-punte en derde is Tshepang Dankuru s u. 16 hoogspring met 820 ASA-punte.

ʼn Opwindende atletiekseisoen lê voor! Hoërskool Ellisras is voorwaar baie geseënd!
Danie Strooh – Senior Victor Ludorum
Senior Victrix Ludorum – Christie Kaiser
Elanè Erasmus – Junior Victrix Ludorum
Junior Victor Ludorum – Lourens Erasmus
Rekordbrekers

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.