Relay vier lewe en hoop

KANSA Lephalale se jaarlikse Relay for Life (RFL) is Saterdag 7 September by Mogolklub se sportgronde gehou. Tien kanker-oorlewendes, 13 versorgers en 16 spanne het agt ure lank gestap ter nagedagtenis aan dié wat gesterf het aan kanker asook dié wat dit oorleef het.

“KANSA se RfL is ’n geleentheid vir die gemeenskap om die lewe van oorlewendes te vier en om hulle wat dood is te onthou asook om hoop te gee aan mense wat met kanker gediagnoseer is,” verduidelik Nancy van Staden, KANSA Lephalale se gebiedsmobiliseerder.

Sy bedank die gemeenskap vir die ondersteuning wat KANSA ontvang.

Skakel Nancy by 078 104 1718 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.