Remme faal bestuurder

Leoni Kruger
LEPHALALE — Die bestuurder van ‘n vragmotor het Maandagoggend 22 Mei omstreeks 07:50 ‘n noue ontkoming gehad toe die voertuig se remme hom in die steek laat om ‘n skerp draai op die R33.
Die voorval het sowat 12 km buite Lephalale gebeur en noodspanne was gou op die toneel.
Niemand is ernstig beseer in die voorval nie, maar die bestuurder van die vragmotor is wel hospitaal toe geneem vir behandeling van ligte beserings.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.